King Shaka-lughawe bedrywig
2011-03-25 16:06
Durban – Meer as vier miljoen passasiers het sedert hy sy deure verlede jaar geopen het deur die King Shaka Internasionale Lughawe beweeg.
Die toename in passasiers sal na verwagting hierdie jaar met 7,5% groei, het Michael Mabuyakhulu, KwaZulu-Natal se LUR vir toerisme, Vrydag gesê.
Sedert die lughawe in Mei verlede jaar oopgemaak het, het dit die provinsie op die internasionale toerisme-kaart geplaas, meen Mabuyakhulu.
“Die vrag-terminaal het teen die einde van Februarie 2011 meer as 6 300 ton goedere hanteer, waarvan 4 550 ton invoere ter waarde van R180 miljoen was en 1 750 ton uitvoere, ter waarde van sowat R60 miljoen rand,” het Mabuyakhulu gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA