Kinders vlieg nié gratis met Emirates
2011-07-14 11:51
Die Owerheid vir Advertensiestandaarde (ASA) het Emirates Airlines oor die vingers getik nadat hy gevind het een van die advertensies op dié lugredery se Suid-Afrikaanse webtuiste mislei kliënte, berig IOL.
Volgens die advertensie kan “twee kinders onder die ouderdome van sestien gratis vlieg, bly, en speel in Doebai” as die kliënt ‘n sekere pakket koop.
Dié sogenaamde spesiale aanbod kos ouers R32 400.
Een kliënt het egter ‘n klagte ingedien toe hy by verdere ondersoek vasgestel het dat ‘n “gewone” pakket by dieselfde lugredery vir ‘n paartjie en twee kinders slegs R32 000 sou kos.
Die owerheid het Emirates Airlines beveel om die aanbod onmiddellik van hul webtuiste te verwyder. Die lugredery het egter steeds nie op die bevel reageer nie en die ASA beplan om eersdaags ‘n waarskuwing aan al sy lede oor dié aanbod te stuur.
– Lees die volledige storie hier.
– IOL Travel