Kilimandjaro – dit is goed of baie sleg

2010-09-01 08:49
Tweets Share Share line Print

Maryna Loubser van Kleinmond

Na aanleiding van Veena Sukha se navraag: Ek het die Machame-roete op Kilimandjaro in 2004 gestap en kan alles beaam wat Pieter Oosthuizen (Buite, 17 Augustus) geskryf het.

Dit was vir my as gesoute stapper ’n ontnugtering om te sien hoe besoedel en vertrap die mooie berg al daardie tyd was.

Nou kan ek my nie voorstel hoe dit moet lyk nie.

So ver as wat ’n mens vorentoe en agtertoe kon sien, was daar mense en rondom die kampe moes ’n mens versigtig trap tussen die menslike land­myne.

Dit was vir my duidelik dat baie mense wat net wil spog dat hulle die hoogste piek in Afrika geklim het, nog nooit van bergstap-etiket gehoor het nie.



My ervaring met die berg Kenia, wat ek Januarie 2010 geklim het, was heeltemal anders.

Dis nou wel op 5 199 m die naashoogste piek in Afrika, maar juis daarom nog ’n ongerepte bergklimervaring.

Dis ’n skilderagtige berg met mere, valleie, verskillende bergpieke, gletsers en watervalle en pragtige plantegroei.

Dit is egter ook ’n uitdaging en dis jammer, of miskien beter so, dat so min mense besef hoe ’n mooi berg dit is.

Dus, as jy net die hoogste berg in Afrika op jou lysie wil aftik, klim Kilimandjaro.

As jy egter ’n asemrowende (letterlik en figuurlik) ervaring wil beleef sonder dat jy deur massas vertrap word, gaan klim die berg Kenia.


Erika van Pretoria, skryf:

Ek is een van die mense wat nogal ontstig was ná Buite se Kili-storie – veral omdat ons dieselfde tyd op die berg was en ’n magiese ervaring gehad het.

Ons het Umbwe gestap, was twee dae alleen op die roete, en het uitstekende operateurs met donkiejare se ondervinding gehad wat waarskynlik ’n mens se ervaring naatloos gemaklik en genoeglik gemaak het.

Ek is trouens só begeesterd dat ek nou Aconcagua in Argentinië gaan aanpak.

- Die Burger

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.