Kersies pluk in Ceres is hope pret
2010-09-30 04:25
Kaapstad – Seisoene is wonderlik, veral in Kaapstad. Gedurende die winter kan jy ‘n lekker vuur aansteek en ook die moontlikheid om in die sneeu te gaan speel.
In lente kan jy aarbeie gaan pluk en in somer is die kersie boorde by die Klondyke kersie plaas in Ceres ryp en gereed.

Om kersies te gaan pluk mag dalk vervelig klink maar dit is hope pret, en die omgewing waarin jy jouself gaan bevind maak dit ontspanne en terapeuties.
Ceres is ongeveer 150 km vanaf Kaapstad.

‘n Toegangsfooi van R15 per persoon word gevra en jy word van ‘n klein plastiekhouer voorsien om jou kersies in te sit, maar dit is beter om jou eie houer saam te neem.
En agterna kan jy natuurlik ‘n hele paar kersie-resepte op die proef stel.

- Vir die volledige storie besoek GoTravel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.