Kannibalisme nié rede vir Duitse toeris se dood

2011-10-19 14:53
Tweets Share Share line Print

Papeete, Frans-Polinesië – Die hoof-aanklaer in Frans-Polinesië het berigte ontken dat ‘n kannibaal ‘n Duitse toeris, wat glo tydens ‘n besoek aan die eiland vermoor is, geëet het.

Aanklaer Jose Thorel het gesê die polisie is op soek na Henri Arihano Haiti, ‘n plaaslike gids wat daarvan verdink word dat hy die 40-jarige Duitser, Stefan Ramin, vermoor het.

Nietemin is daar geen bewyse om die bewering dat Ramin geëet is te ondersteun nie.

Mediaberigte het gesê dat Ramin, wat op 9 Oktober vermis geraak het op die eiland Nuku Hiva en wie se verbrande oorblyfsels verlede week gevind is, doodgemaak, opgesny en geëet is.

Hy was saam met sy meisie op ‘n seiljagvakansie om die wêreld.

“Die teorie van kannibalisme maak geensins deel uit van ons ondersoek nie,” het Thorel gesê.

Ramin het glo vermis geraak nadat hy anker gegooi het naby die eiland en saam met Haiti, ‘n 31-jarige gids, na die binneland gegaan het.

Hy het sy meisie, Heike Dorsch (37), agtergelaat.

Haiti het glo teruggekeer na die boot en beweer dat Ramin beseer is en hulp benodig.

Toe Dorsch die boot verlaat het, het Haiti glo probeer om haar seksueel aan te rand en hy het haar aan ‘n boom vasgemaak.

Menslike oorblyfsels is verlede Woensdag in ‘n verbrande gat op die eiland gevind en volgens Thorel is tande op die toneel gevind en DNS-toetse word gedoen om die fonds te bevestig, het hy gesê.

Polisie het ‘n reuse-soektog geloods vir Haiti, wat voorheen al ses maande in die tronk deurgebring het vir ‘n inbraak in 2005.

Berigte van kannibalisme in Polinesië het mense se verbeeldings aangegryp toe die streek oorspronklik deur Westerlinge verken is, maar kenners sê die praktyk word al vir meer as 100 jaar in onbruik.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- AFP

Lees meer oor: toeriste  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.