Kan vlieëniers nog vlieg?

2011-08-31 10:46
Tweets Share Share line Print

Washington – Weet vlieëniers nog hoe om te vlieg?

Met vliegtuie wat toenemend staatmaak op outomatisering word vlieëniers se vermoë om in noodgevalle vinnig te reageer al meer bevraagteken, en veiligheidsbeamptes begin regtens wonder of meer dodelike ongelukke nie 'n gevolg van dié tendens kan wees nie.   

Honderde mense is in die afgelope vyf jaar in vliegongelukke dood in gevalle waar beheer oor 'n vliegtuig verloor is wanneer die enjin tydens ‘n vlug stol of as die vliegtuig in ‘n ongewone posisie beland wat die vlieënier nie vinnig genoeg kan regstel nie.

In sommige gevalle het vlieëniers bloot die verkeerde besluite gemaak – met katastrofiese resultate.

Die lugvaartbedryf ly op die oomblik aan 'n “verslawing aan outomatisasie”, meen Rory Kay, ‘n lugmag-kaptein en mede-voorsitter van ‘n lugvaart-komitee wat vlieëniers oplei.

“Ons sien ‘n nuwe soort ongeluk met hierdie nuwe en moderne vliegtuie.”

Vlieëniers vlieg byna net drie minute van die vlug self sonder die outomatiese stelsels – tydens die opstyging en die landing.

Die meeste van die tyd programmeer vlieëniers aanwysings op rekenaars, eerder as om self hul hande op die kontrole te hê om die vliegtuig te vlieg.

Hulle het min geleenthede om hul vaardighede op te bou deur self te vlieg, het Kay se adviserende komitee gewaarsku.

Die Associated Press het vlieëniers, amptenare in die bedryf en veiligheidskenners in lugvaart ondervra en almal het kommer uitgespreek oor die implikasies van die min geleenthede wat vlieëniers het om self te vlieg.

Lugrederye en reguleerders raai vlieëniers af, en soms word hulle verbied, om die outomatiese vliegfunksie af te skakel en self te vlieg, het die komitee gesê.

Veiligheidskenners sê hulle sien heelwat gevalle waar vlieëniers wat skielik in ‘n situasie beland waar die outomatiese vliegfunksie foutief raak, nie weet hoe om vinnig te reageer nie of foute maak.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- AP

Lees meer oor: vlieg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.