Kampeer by die nuwe Vloedbos

2009-12-10 08:25
Tweets Share Share line Print

Sleep jou woonwa hierdie somer na die nuwe kampeerterrein by Vloedbos tussen Caledon en Napier. Daar wag vir jou ook baie om te ontdek, skryf Johann Crafford.

Ek het ’n broertjie dood aan mense wat jou nie vinnig genoeg van hul oorsese besoeke kan vertel nie, maar hul eie omgewings skaars ken.

Dis gewoonlik dieselfde mense wat blitsvinnig vir jou 30 of 40 bekende handelsmerke kan aframmel, maar dan met ’n bek vol tande staan as jy hulle vra vir vyf voorbeelde van plaaslike fauna en flora.

Oukei, ek was in ’n ander lewe besonder gelukkig om as motorjoernalis Suid-Afrika van hoek tot kant deur te reis, en vandag doen ek en vroulief dit weer.

Gereeld staan ons verstom oor die rykdom van die natuurskoon, ervarings en avonture wat daar om byna elke hoek en draai wag.

So vind ons toe uit van Vloedbos, ’n splinternuwe kampeerterrein met staanplek vir 44 woonwaens, twee selfsorghuisies op dieselfde perseel en ’n lekker ruim selfsorg-gastehuis ’n entjie verder langs ’n opgedamde rivier wat glo forel het vir diegene wat daarvan hou om ’n bietjie die lyne nat te maak.

Dis alles op die plaas van Wessel en Tilani du Toit (028 212 2210) reg in die middel van die Overberg, so halfpad tussen Caledon en Napier.

Nadat Wessel ons daai Saterdagmiddag na die gastehuis vergesel het, het ons afgepak en eers ondersoek begin instel.

Die netjies geboude huis (Wessel se eie handewerk!) bied slaapplek aan tien mense in twee en suite-dubbelslaapkamers op grondvlak en ’n solderkamer met ses enkelbeddens.

Dan is daar ’n ruim oopplanvertrek wat die kombuis, eetkamer en sitkamer met kaggel insluit.

Buite wag ’n lekker stoep, ’n ruim grasperk en ’n opgedamde rivier met ’n trapboot wat baie pret verskaf – en natuurlik ook sommer goeie oefening is!

Daar is ook ’n klein lapa waar ons die aand vleis en braaibroodjies onder die sterrehemel geniet het, en agter die huis is daar selfs ’n warmwater-plonspoel.

Ná ’n heerlike nagrus in die natuurlike stilte van die Overberg het ons ’n lekker brekfis op die stoep geniet en toe die pad gevat om die koppie na waar die nuwe kampeerterrein en woonwapark gewag het.

Hier’s boonop so 4 km vir stappers en 6 km vir bergfiets- en vierwielmotorfiets-ryers.

By die splinternuwe kampeerterrein aangekom was ek weer aangenaam verras deur hoe netjies alles was en Wessel se aandag aan detail.

Elke staanplek op gras het ’n kragpunt, daar is pragtige ablusiegeriewe vir mans, vroue en gesinne, ’n verhitte swembad, swaaie, springmat en selfs ’n baan vir mini-gholf!

Tilani vertel hulle beplan om ’n lapa te bou met tafeltennis, ’n snoekertafel en ’n veerpyltjiebord, asook ’n ontspanningsaal.

Dan is daar glo ook ’n winkeltjie met allerhande interessanthede soos potbrooddeeg, wyn, koeldrank, lekkernye en dies meer in die pyplyn.

Nou ja, ons het daai Sondagmiddag die pad oor Stanford en Hermanus teruggevat huis toe en sommer by Boschrivier en Raka, albei wynplase, en Klein River Cheese verby gery.

Net daar het ons besluit om weer op Vloedbos te gaan kuier!

- Die Burger

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.