Kaapstadse lughawe is die beste in Afrika

2011-03-04 07:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Kaapstadse Internasionale Lughawe (KIL) is die beste lughawe in Afrika.

Dit is ook die lughawe in Afrika waar dienste die beste verbeter het.

En die George-lughawe is die beste streekslughawe in Afrika en in die wêreld – én dit is amptelik.

Die Internasionale Raad vir Lughawens (ACI) het dié aankondiging gister gemaak ná die jaarlikse beoordeling van die diens wat die lugvaartbedryf wêreldwyd aan sy kliënte lewer.

Die organisasie Airport Service Quality (ASQ), wat die beoordeling elke jaar aan die hand van passasiers se ervaring op lughawens doen, sal die pryse vir uitnemende diens in April in Indië aan die wenners toeken.

Die beste lughawe in die wêreld is die internasionale lughawe in Seoel, Suid-Korea.

In Afrika word die KIL gevolg deur die Kaïro Internasionale Lughawe in die tweede plek, met O.R. Tambo in Johannesburg derde en King Shaka by Durban vierde.

Op streekvlak – vir lughawens met minder as twee miljoen passasiers per jaar – is George nie net die beste in Afrika nie, maar ook wêreldwyd.

Ná hom kom die Humberside-lughawe in Brittanje, Bridgetown-lughawe in Barbados en Quebec-lughawe in Kanada.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) kon gister kwalik sy trots oor die Suid-Afrikaanse prestasies bedwing.

Deidre Hendricks, Acsa-woordvoerder van KIL, het gesê: “Ons het net minder as ’n jaar gelede ook Skytax se internasionale toekenning vir die beste lughawe in Afrika verower, asook sy toekenning vir die beste lughawe op grond van uitnemende personeeldiens.

“Dit wys dat ons inderdaad onder die bestes in die wêreld is.”

Die ASQ is ’n onafhanklike organisasie wat internasionale maatstawwe vir diens in die lugvaartbedryf stel.

Hy het sy opname vir die beoordeling van lughawens vanjaar onder passasiers op meer as 190 lughawens in meer as 50 lande gedoen.

Die KIL, wat tans 35ste onder die wêreld se 150 beste lughawens is, is veral hoog aangeslaan vir sy parkeergeriewe, waarde vir geld, beskikbaarheid van trollies en netheid in sy badkamers.

Volgens die ASQ is van die vernaamste verbeterings op die lughawe die gemak waarmee jy jou weg daar kan vind.

“Die inwoners van Kaapstad hou ons op ons tone met voortdurende advies om ons diens te verbeter. Die toekennings behoort ook aan hulle,” het Hendricks bygevoeg.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.