Kaapstad wil wêreld se mees kreatiewe stad wees
2010-02-25 13:41
Kaapstad - Kaapstad hoop om in 2014 as die wêreld se mees kreatiewe stad bekroon te word.
Die stad ding mee om die World Design Capital-titel, wat vir sosiale, kulturele en ekonomiese ontwikkeling toegeken word, te verower.
Dié titel word deur die International Council of Societies of Industrial Design (ICSID) toegeken.
ICSID is ‘n nie-winsgewende organisasie wat kreatiwiteit en ontwerp vereer.
Volgens Andrew Boraine, hoof van die Kaapse Vennootskap, sal Kaapstad in 2014 teen, onder andere, Japan, China, Brasilië en Spanje te staan kom vir die gesogde titel.
Kliek hier vir die volledige storie.