Kaapstad tops as dit kom by luuksheid
2011-09-29 16:28
Kaapstad, met haar natuurlike wonders en opwindende stadslewe, behoort bo-aan enige reisiger se vakansielys te wees.
Vir die meer gesofistikeerde reisiger bied die stad van die luuksste hotelle en vir bekendes van oor die wêreld heen is dit juis die besoek aan die hotel wat hulle in die eerste plek hierheen trek.
Of jy daarvan hou om deur die stad se aktiwiteite omring te word en of jy verkies om aan die ander kant van die berg te ontspan, die Moederstad bied die beste in luukse akkommodasie.
DiscoverAfrica.com het hul keuse van die top-vyf luukse hotelle in Kaapstad bekend gemaak:
1. Cellars-Hohenort
2. Cape Grace Hotel
3. The Taj Hotel
4. Twelve Apostles hotel and spa
5. Mount Nelson
– Lees meer by iol en besoek DiscoverAfrica.com vir meer besonderhede
– Volg Nuus24 op Twitter