Kaapstad se Eierman wil Guinness-rekord losslaan

2011-03-07 12:13
Tweets Share Share line Print

Kaapstad se gewilde Eierman, Gregory da Silva, sal binnekort na Italië vlieg in ‘n poging om die Guinness-wêreldrekord op te stel vir die grootste eier-hoed.

Da Silva is ‘n komediant, kunstenaar, storieverteller, danser en straatkunstenaar van Benin, Wes-Afrika, wat Suid-Afrika die afgelope paar jaar sy tuiste gemaak het.

Hy tree daagliks by die Groentemarkplein in Kaapstad op en verskyn by talle feeste deur die jaar, insluitende die Grahamstad Nasionale Kunstefees en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn.

Sy besonderse eier-hoed bestaan uit duisende eierdoppe en Afrika-simbole en weeg sowat 25 kg.

Nietemin, vir sy poging om ‘n nuwe rekord op te stel, sal Da Silva se hoed uit 10 000 vars eiers bestaan.

Hy het met die tyd ‘n instelling in die stad geword en word deur plaaslike inwoners en besoekers van onder meer Duitsland, Engeland, Amerika, Italië, Frankryk en België geken aan sy vrolike stem en vriendelike persoonlikheid.

Da Silva sal op 11 Maart na Italië vlieg.

“Ek is so trots en so gelukkig. Kaapstad is soos die hemel vir my. Ek sal wil hê my daaglikse optrede moet soos gewoonlik groot waarde aan Kaapstad voeg – en hierdie keer moet dit help om Kaapstad op die kaart te plaas deur ‘n Guinness-wêreldrekord,” het hy gesê.

“Ek hoop om die Guinness-wêreldrekord terug te bring na Kaapstad.”

Op ‘n vraag oor wat hom die beste ambassadeur vir Kaapstad maak en hoekom hy van staatoptredes hou, het hy geglimlag en gesê: “Ek is ‘n ikoon van Kaapstad. Ek is in almal se albums as hulle foto’s van Kaapstad neem en vir hulle vriende en families by die huis wys.

“Ek is altyd gereed om mense in Kaapstad te verwelkom, of dit reën en of die son skyn, ek glimlag en sê ‘Hallo, dit is Kaapstad, en ons is lief vir jou!’”

Die hoof van Kaapstad Toerisme, Mariette de Toit-Helmbold, het ook haar ondersteuning vir Da Silva uitgespreek en gesê hulle hou duim van vir hom.

- Nuus24

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.