Kaapstad op kortlys vir gesogte ontwerp-titel
2011-06-22 10:12
Kaapstad het Dinsdag die goeie nuus ontvang dat dié stad op die kortlys is vir die World Design Capital 2014-titel.
Dié titel word deur die Internasionale Raad van Verenigings vir Nywerheidsontwerpers (ICSID) aan stede toegeken wat ontwerp gebruik vir hulle sosiale, ekonomiese en kulturele ontwikkeling.
Uit ‘n lys van 56 hoopvolles het Kaapstad dit saam met Dublin en Bilbao tot op die kortlys gemaak om dié titel, wat in Oktober 2011 aangekondig sal word, in te palm.
Kaapstad is die eerste stad in Afrika om so naby aan die titel te kom.
Die wen-stad trek gewoonlik voordeel uit ‘n jaar lange program van ontwerp-verwante geleenthede.
Vorige wenners sluit in Turin (2008) en Seoel (2011), met Helsinki wat in 2012 in die kollig sal wees.
– Lees meer by Visi
– Volg Nuus24 op Twitter