Kaapstad kry Afrika se groenste hotel
2011-12-02 12:42
Kaapstad – Plaaslike en Internasionale besoekers aan die Kaapstad Internasionale Lughawe kan binnekort by die groenste hotel op die kontinent inboek.
Die hotel is tans in die finale fases van goedkeuring en sal vroeg in 2013 in Michigan-straat, minder as 500 m van die terminaalgebou, voltooi wees.
Hotel Verde – “verde” beteken groen in Italiaans – sal 146 kamers hê en in die driester kategorie val, alhoewel die kamergroottes, dienste en afrondingswerk soortgelyk aan ‘n viersterhotel sal wees.
Verder sal die hotel sowat 103 direkte werksgeleenthede skep, sowel as 247 indirekte poste.
Die ontwikkeling sal plaaslike en internasionale besoekers akkommodasie bied wat gedryf word deur tegnologie wat nog nie in Afrika gesien is nie.
"Die Hotel Verde sal omgewingsvriendelik wees en sal aan reisigers wys dat die Stad Kaapstad ‘n internasionale leier is in die geveg om klimaatsverandering te voorkom," het Wesgro se uitvoerende hoof, Nils Flaatten, gesê.
– Kliek hier om meer te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter