Kaapstad een van die wêreld se geliefde stede
2012-06-08 16:40
Kaapstad het CNN se lys van die wêreld se 10 mees geliefde stede gehaal.
Volgens CNNgo, CNN se reiswebwerf, is Kaapstad gekies oor sy "lieflike hawe, pragtige argitektuur, weer, lieflike waterfront-inkopies, Tafelberg en strande met pikkewyne".
Kaapstad is negende op die lys en stede soos Barcelona en New York het ook die lys gehaal.
Alan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het die toekenning verwelkom.
"Ons is absoluut verheug dat Kaapstad gekies is. Dit is bemoedigend dat ons op CNN gelys is omdat dit ons blootstelling aan internasionale markte vergroot."
Toerisme dra meer as 10% by tot die streek se bruto binnelandse produk (BBP).
"Oor die afgelope jaar het ons internasionale besoekers by die Kaapstadse Internasionale Lughawe met 14% toegeneem en ons beoog om dié syfer te verbeter," het Wilde gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA