Kaapstad Toerisme mik na die ooste
2011-08-12 15:45
Kaapstad – Kaapstad Toerisme het Vrydag aangekondig dat hy bande sal smee met ander ontwikkelende lande om toerisme in die Moederstad ‘n hupstootjie te gee.
Mariëtte du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, meen die toerismebedryf is onder groot druk in 2011.
Kaapstad Toerisme het Vrydag bekend gemaak dat hy sy bestaande bande met Brittanje en die VSA wil versterk, terwyl daar beplan word om nuwe bande met Indië en China te skep.
– Lees meer by Eyewitness News
– Volg Nuus24 op Twitter