Kaapstad - 2011 se beste bestemming in die wêreld
2011-05-04 09:50
TripAdvisor, die wêreld se grootste reiswebwerf, het Kaapstad gestem as die nommer een reisbestemming vir 2011.
TripAdvisor se Travellers’ Choice-toekennings is gebaseer op die ervarings van miljoene reisigers van oor die wêreld heen.
Sydney het dit tot in die tweede plek gemaak.
Kaapstad het stede soos Parys, New York en Londen geklop met haar pragtige natuurskoon en kulturele besienswaardighede.
“Hierdie toekennings gee erkenning aan die wêreld se beste bestemmings, gekies deur daardie mense wat regtig saak maak – die reisigers self,” het Emma O’Boyle, woordvoerder vir TripAdvisor, gesê.
Reisigers het met lof gepraat oor Kaapstad.
“Met pragtige natuurskoon, goeie wyn en wonderlike weer is dit maklik om te sien hoekom Kaapstad, wat ook gasheer was vir verlede jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi, bo aan hierdie jaar se lys geëindig het.”
Wêreld se top 10 bestemmings
1. Kaapstad, Suid-Afrika
2. Sydney, Australië
3. Machu Picchu, Peru
4. Parys, Frankryk
5. Rio de Janeiro, Brasilië
6. New York, VSA
7. Rome, Italië
8. Londen, Engeland
9. Barcelona, Spanje
10. Hongkong
- The Australian