Kaapse Kersmarkte om van te kies en keur
2011-11-18 13:00
Kaapstad – Kersinkopies in die Kaap hoef nie ‘n nagmerrie te wees nie.
Met ‘n groot verskeidenheid Kersmarkte wat jou van die dag tot in die aand kan vermaak, behoort jy verseker iets vir elkeen in die familie te vind.
‘Stap Kaapstad’ Kersmark – 14 tot 16 Desember 2011
Dit is die eerste Kersmark wat op die lekkerloop-roete gehou word en met ‘n verskeidenheid van produkte, ontwerpersitems en kos van Jaques Erasmus se Hemelhuijs Cafe, is dit verseker nie een om mis te loop nie.
Diegene wat die mark besoek word ook aangemoedig om ‘n kindergeskenk aan die Lutherse kerk se kinderhuis te skenk.
Stellenbosch Kersmark – 25 November tot 3 Desember
Hierdie gewilde kunsmark is twaalf jaar oud en met 180 stalletjies kan jy dit nie misloop nie.
Ingang is gratis en dit is van 09:00-15:00 oop op weeksdae en van 09:30-20:30 op Saterdae.
Plek: NG Kerk Sentraal, Stellenbosch
Kirstenbosch-kunsmark – 11 en 18 Desember
Dié gewilde familiemark het ‘n verskeidenheid van kuns en handgemaakte items en bied aktiwiteite vir die kinders sodat jy rustig kan inkopies doen.
Daar is ook oorspronklike kunswerke, heerlike kos, ponieritte, gratis parkering en veel meer.
Die Parlotones tree boonop die 11de by Kirstenbosch op, so maak sommer ‘n dag daarvan.
Die mark is oop tussen 09:00 en 15:00.
Plek: Op die gronde van Stone Cottage, op die hoek van Kirstenbosch en Rhodes-rylaan in Nuweland.
– Kliek hier om oor nog opwindende Kersmarkte te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter