Kaap wil meer swart toeriste lok
2011-12-09 07:44
Kaapstad – Die Moederstad en die Wes-Kaap sal dié vakansieseisoen probeer om meer “swart professionele” toeriste te lok en het plaaslike persoonlikhede soos Zizo Beda, die aanbieder van Selimathunzi, en die radio-omroeper Phat Joe genader om ambassadeurs vir toerisme te wees.
Calvyn Gilfellan, die uitvoerende hoof van Cape Town Routes Unlimited, het gesê dit is tyd om die persepsie te verander dat die provinsie en die stad nie swart-vriendelik is nie.
Gilfellan het gesê dit maak sin om swart toeriste – wat bruinmense en Indiërs insluit – te lok.
“Die Global Wealth Report, wat in Oktober bekendgemaak is, dui daarop dat daar sowat 900 000 mense in die land is wat meer as R30 000 ‘n maand verdien,” het Gilfellan gesê.
“Dit is die groep mense wat die geld het om op luukshede te spandeer.
“Binnekort sal die meeste van hulle swart professionele mense wees. Dit maak sin in terme van sake om op daardie groeiende, bo-middelklas te fokus wat dit kan bekostig om te reis.”
– Lees meer by Times Live
– Volg Nuus24 op Twitter