Kaaltoeriste, hier hoef jy nie 'n tassie te pak nie

2011-06-07 17:57
Tweets Share Share line Print

Ons is almal naak in die wêreld ingebring en vir sommige mense is daar niks lekkerder as om in hul mees natuurlike vorm die natuur in te vaar nie.

Hier is ‘n paar plekke waar selfs jou swembroek te veel bedek.

Onsen, Japan


Dit is ‘n eeue oue Japannese tradisie om in onsen (natuurlike, mineraal-ryke warmwaterbronne) te ontspan en is glo deel van ‘n tradisie wat gesondheid verseker.

Om aan die onsen-etiket te voldoen, moet die persoon homself eers deeglik was voordat die manlike of vroulike bad-areas binnegegaan word.

Bedek jou privaat-dele terwyl jy rondloop en sodra jy in die water is, mag jy nie golwe maak nie.

Sommige Onsen-water is selfs geskik om van te drink.

300 Klub, Antarktika


Om 'n lid van hierdie klub te word, sal die dapper persoon ‘n temperatuurverandering van 149°C moet deurmaak.

Moeder natuur sorg vir die koue, met temperature wat tot -73°C daal in die winter.

Nudiste stoot die sauna gevolglik op tot by 93°C en hardloop dan, al skreeuende en stomende, van die Amundsen-Scott Suidpool-stasie na die geografiese pool (wat met ‘n paal gemerk is) en terug.

Die moeilike deel is om nie te vinnig te hardloop nie, aangesien die yskoue temperatuur buite die longe kan beskadig.

Tiergarten, Duitsland


‘n Gedeelte van hierdie park, wat  reg in die middel van Berlyn geleë is, is spesiaal vir nudiste wat ‘n bietjie son wil vang.

Die park was lank gelede ‘n jag-reservaat vir koninklikes, maar hierdie deel is nou meer van ‘n jag-veld vir die meestal manlike sonsoekers.

Dit kan ‘n redelik bevrydende gevoel wees om in jou geboortepakkie in die middel van die stad te ontspan, maar hou dit liefs vir die somermaande.

Kliek hier om meer by Lonely Planet te lees.


 

Lees meer oor: kan jy glo?  |  reis  |  nudiste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.