Johannesburg – Afrika se sakehoofstad
2011-01-26 14:00
Johannesburg se groeiende reputasie as die sakehoofstad van Afrika sal volgende maand in die kollig wees wanneer dit gasheer speel vir Meetings Africa 2011.
Die konferensie sal van 21 – 23 Februarie by die Sandton Konvensiesentrum gehou word en die drie dae lange geleentheid sal na verwagting afgevaardigdes van oor die kontinent lok.
Sakereise is een van die vinnigste groeiende sektore van die oorliggende reis- en toerisme-ekonomie in Suid-Afrika en dra nou by tot meer as R2 miljard in buitelandse valuta en 4,7% van buitelandse besoekers.
Meetings Africa 2011 sal na verwagting ook die reuse-vordering in infrastruktuur tentoonstel wat Johannesburg in die laaste paar jaar gemaak het, veral die voordele wat uit die Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi gespruit het.
Lees meer hier.