Jhb derde gewildste Afrika-stad

2011-07-13 14:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Johannesburg is die stad in Afrika en die Midde-Ooste wat die derde meeste besoek word en word die meeste besoek in Sub-Sahara Afrika, volgens die nuutste statistiek van MasterCard.

MasterCard se indeks van wêreldwye toeristebestemmingstede plaas stede in ‘n rangorde volgens hul algehele internasionale besoekers en dié besoekers se oorgrens-besteding.

“Die resultate van die indeks toon dat talle opkomende markstede in die Midde-Ooste en Afrika se besoeker-aankomste en oorgrens-besteding  sterk groei,” het Anna Jones, areahoof van MasterCard Worldwide in Suider-Afrika, in ‘n verklaring gesê.

Die stede in die omgewing wat gepeil is, sluit in Doebai, Kaïro, Johannesburg, Tel Aviv, Casablanca, Aboe Dhabi, Nairobi, Riyadh, Amman, Beirut en Tunis.

Volgens die indeks het Johannesburg drie miljioen besoekers in 2011 gehad.

Doebai en Kaïro is die top twee stede op die indeks, met 7.9 miljoen en 3.7 miljoen besoekers onderskeidelik. Tunis en Beirut is in die laaste plekke met 1.7 miljoen besoekers elk.

Die meerderheid besoekers aan Johannesburg kom van Londen, Frankfurt, Doebai, Parys en Gabarone, het Jones gesê.

Sy posisie in die top vyf ten spyt, het Johannesburg egter slegs ‘n 9.9 persent groei in besoekers vir 2011 in vergelyking met 2010 getoon en is dié stad tweede-laaste in terme van groei.

Dié swak syfer kan waarskynlik toegeskryf word aan die ongewoon baie besoekers wat Suid-Afrika tydens die Fifa sokkerwêreldbeker ontvang het, het sy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: mastercard  |  afrika  |  johannesburg  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.