Japanse haweloses word toergidse
2011-12-13 22:09
Tokio - Japan het hawelose mense in die stad Sapporo aangestel om as toergidse by 'n inligtingskiosk te werk in 'n poging om bevooroordeeldheid te beveg en verdwaalde toeriste te help.
Sover is vyf haweloses as toergidse opgelei. Die plan is deur stadsbeamptes in Sapporo, wat jaarliks deur miljoene toeriste besoek word, goedgekeur.
Die werknemers sal nie 'n salaris verdien nie, maar ontvang wel 'n persentasie van verkope wat deur die plaaslike The Big Issue ('n tydskrif wat straatmense ondersteun) gegenereer word.
Nagisa Hirata, 'n The Big Issue-vrywilliger, het aan AFP gesê die inligtingskiosk is by 'n besige pad onder 'n brug gebou en word dus "nie deur die weer geaffekteer nie".
Temperature in Sapporo daal in die wintermaande tot ver onder vriespunt.
Volg Nuus24 op Twitter.