Japan se toerisme trek swaar
2011-04-06 09:30
Tokio – Die getal buitelandse besoekers na Japan het drasties afgeneem as gevolg van die aardbewing en tsoenami van 11 Maart en die gevolglike kernkrisis, het data Woensdag getoon.
Tydens die periode tussen 11 Maart en 31 Maart het ‘n gemiddeld van 3 400 buitelanders ‘n dag die land via die Narita internasionale lughawe binnegegaan.
Dit is ‘n afname van 75% sedert verlede jaar, het Tokio se immigrasie-buro gesê.
Tussen 18 Maart en 23 Maart het ‘n gemiddeld van 1 700 mense ‘n dag by Kensai internasionale lughawe geland, ‘n 50% afname van voor die aardbewing.
Die ramp het die toerisme- en kleinhandelsektore erg geraak, aangesien dit afhanklik is van buitelandse besoekers.
Talle toere en hotelbesprekings is reeds gekanselleer.
Die groot afname in die getal buitelandse besoekers kom ook nadat buitelandse regerings hul burgers aangeraai het om nie na Japan te reis nie.
Voor die aardbewing was die getal buitelandse besoekers aan Japan besig om toe te neem, met ‘n rekord 8,61 miljoen besoekers wat in 2010 na die land gestroom het.
Die Japanse Toerisme-agentskap het gemik om 11 miljoen buitelandse besoekers in 2011 na die land te lok, maar ‘n amptenaar van die agentskap het gesê hulle sal die teiken moet hersien.
- Kyodo