Jaag deur die koepel op jou bergfiets
2010-09-27 08:52
Kaapstad - Vat jou bergfiets en laat vat na Parys in die Vrystaat waar die jaarlikse Crater Cruise-byeenkoms van 8 tot 10 Oktober plaasvind.
Hier langs die Vaalrivier sal jy op ’n roete van 101 km die kans kry om deur die Vredefortkoepel te jaag. Die wedren begin en eindig in Parys.
Kevin Evans en Yolandi du Toit was verlede jaar die wenners by hierdie gewilde byeenkoms.
As jy nie kans sien vir die afstand nie, is daar ook korter wedrenne oor 56, 28 en 15 km.
As jy nou regtig lus is vir ’n ding, sal jy die Kétathelon aanpak. Jy ry ’n roete met jou bergfiets en kry terselfdertyd die kans om met jou kettie na ’n teiken te skiet.
Die kinderwedrenne en fietsskou maak dit ’n geleentheid wat fiets-entoesiaste nie maklik misloop nie.
Bespreek net jou verblyf vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Besoek www.parysinfo.co.za om te sien waar jy kan tuisgaan.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger