In jou 4x4 kan jy wye, woeste wêreld aanpak

2010-03-09 09:51
Tweets Share Share line Print

Janice Keogh

Agter die stuur van jou 4x4 kan jy op plekke uitkom waar ’n gewone voertuig nooit sal kan nie.

Maar, sê Neil Harrison, die redakteur en uitgewer van SA4x4, daar is ’n paar dinge wat moet gebeur voor jy agter die stuurwiel inskuif.

Papierwerk

Dit is belangrik om eers ’n Teta-akkreditasie te kry. Dié akkreditasie behels dat jy by die vaardigheidsontwikkelingsowerheid vir vervoer (Teta) opleiding ontvang in tegnieke wat jou in staat stel om ’n vierwielaangedrewe voertuig op en van die pad af te beheer.

Na afloop van die opleiding sal jy ’n 4x4-en-veldry-bestuursertifikaat of ’n gespesialiseerde 4x4-en-veldry-bestuur-
sertifikaat ontvang. Met dié sertifikaat in jou hand kan jou 4x4-ervaringe begin.

“Ons begin na ’n punt toe beweeg waar sekere veldrybane net deur mense met Teta-akkreditasie gery mag word,” sê Harrison.

Huiswerk

Jy het die papier, nou is dit tyd vir huiswerk. Harrison sê jy moet soveel moontlik inligting inwin oor die roete wat jy gaan aandurf.

Maak byvoorbeeld seker jy het die regte voertuig met die regte ratte en dat jy genoeg ervaring het vir die moeilikheidsgraad van die roete. Harrison se raad is om ook altyd ’n plan B gereed te hê vir ingeval iets skeefloop.

Die wiele

As jy van plan is om op ingewikkelde roetes en byvoorbeeld sanderige oppervlakke met jou 4x4 te ry, het jy ’n voertuig met laetrek nodig.

Dit het ’n ekstra stel ratte wat jou in staat sal stel om teen ’n baie lae spoed te draai en teen steil bulte uit te ry.

Die ander opsie is ’n sagte viertrekvoertuig . Met dié motor sal jy nie ultra-uitdagings kan pak nie, maar dit sal goed genoeg wees om op gruispaaie te ry. Dit is ook meer kostedoeltreffend as jy eintlik meestal in die stad gaan ry.

Watter pad?

Om die regte roete te kies, sê Harrison, moet jy na die gradering kyk. Vyf is die moeilikste en ’n gradering van een is vir onervare bestuurders.

Die roetebestuurder sal gewoonlik aanbevelings maak oor die roete wat vir jou geskik is na gelang van jou voertuig en ervaring.

“Baie mans dink hulle weet van beter as dit kom by die roetes wat hulle aanpak.

“Vroue is oor die algemeen baie beter bestuurders op veldrybane omdat hulle geneig is om na instruksies en raad te luister,” sê Harrison.

Bagasie

Wanneer jy op ’n viertrek-ekspedisie vertrek, pak die volgende in: ’n tou waarmee ’n ander voertuig jou kan trek as jou 4x4 iewers sou vassit, ’n graaf, ’n kaart van die roete wat jy gaan ry, noodnommers, ’n noodhulpkas, gereedskap om ’n pap wiel te herstel, ’n pomp om jou wiele op te blaas en sonskerm.

Jy moet ook nooit alleen gaan ry met jou viertrek-voertuig nie. Maak altyd seker dat minstens twee voertuie saam ’n roete aandurf.

Besoek www.aficanoffroad.co.za vir inligting oor Teta-akkreditasie.

Ondervinding kan jou roete bepaal

Agter die stuur van jou viertrek-voertuig is die wêreld jou oester.
 
Jy kan jou by ’n 4x4-klub in jou omgewing aansluit en saam met ander avontuurlustiges Suid-Afrika se beste roetes aanpak.

Volgens Neil Harrison, die redakteur en uitgewer van SA4x4, hang jou ondervinding af van die keuse van ’n roete.

Volgens hom is die Moegatlé-roete naby Brits ’n lekker roete vir diegene met ervaring. Die tweedagroete by die Karoo- Nasionale Park buite Beaufort-Wes, die roete by Rust de Winter naby Pretoria en die Groot Toren naby McGregor is nog van sy gunsteling-roetes.

Enkele van die gewildste roetes is:

Gauteng: Berakah-4x4-eko-roete en die Hennops.

Noordwes: Moegatlé-roete en die roetes by Rhebok Retreat en Thaba Phuti Safari Lodge.

Mpumalanga: Mac Mac-roete, Riverwild 4x4 en roetes in en om die Krugerwildtuin.

Limpopo: Mabote River Camp-, Grootwater- naby Lephalale en Mabothe-roete.

KwaZulu-Natal: Drakensberge. Dink Sani-pas ...

Oos-Kaap: Lammergeier-reservaat.
 
Nog inligting by www.sa4x4.co.za. 

- Beeld

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.