In die hartjie van Mauritius

2010-09-01 12:40
Tweets Share Share line Print

Ons almal doen dit: Die dae wanneer die baas raas, maak jy jou oë toe en verbeel jouself in ’n hangmat tussen palmbome, ’n boek, glasie wyn in die hand…

Dié droom het egter waar geword (sonder die skelgedeelte) toe ek onlangs op ’n mediatoer genooi is vir die bekendstelling van nuwe woonstelle in Mauritius.

Dit was ook my eerste reis “over the water” soos my ma sou sê en was ek dus baie opgewonde om ’n ander kultuur te ervaar.

Nou ja. Die week lange dieet is ingewerk, die nuwe slaapklere is gekoop en bestellings vir Mauritius se beroemde rum is uit alle oorde by my geplaas. Die eiland, wat net duskant Madagaskar gelee is, was toe presies wat ek verwag het dit sou wees met die wit-wit strande, palmbome, blou see en nog blouer skemerkelkies.

Maar ek het ook ’n ander sy gesien, dit wat nie die reisbrosjures haal nie. Hier is ook armoede, verkeersknope en taxi’s wat in enkelbane ander voertuie verbysteek en jou biddend hou…

Dag1:

Ons arriveer 16:00 in Mauritius. Dit is bewolk en die nat teer is ‘n bewys van die reen wat sekondes tevore nog neergesak het. Tog kan ek nie vinnig genoeg my dik baadjie uittrek nie. Ons bussiebestuurder bied ‘n coolerbox vol water en koeldranke aan, en sê met ‘n glimlag hul eie bier, Phoenix, is ook in die skatkis. Ek dink nie twee keer nie.

Ons ry na die noorde van die eiland, waar ons vir die volgende drie dae gaan tuisgaan. Dis tjaila-tyd vir die res van die Mauritius ook en die pad na ons tuiste voel lank. Ek probeer álles om my inneem. Die bestuurder vleg woerts-warts tussen die verkeer soos hy my indringende vrae beantwoord.

Die bevolking is sowat 2 miljoen mense. Die meeste is Indiërs. Kreool is die amptelike taal. Suiker is die grootste uitvoerproduk.

Ja, daar is baie armoede in die land. Diefstal is waarskynlik die vernaamste misdaad, maar dis nie ‘n werklike misdaadgeteisterde land nie “glad nie soos Suid-Afrika nie”. Die grootste geloof is Hindoe “jy sal nou al die tempels sien”. Ja, hulle hou ook van sokker.

Ons arriveer sowat ‘n uur en ‘n half later by ons bestemming, Par Excellence Premium Villa, ook bekend as Cape Point, en word met skemerkelkies ingewag.

Dit is nou al donker en hoewel ek die see nie kan sien nie, kan ek die branders hoor. Die aand sit ons aan tafel met die bestuurders van Par Excellence, van wie die vrou, Genevieve en haar ma Louise, albei Suid-Afrikaans gebore, en ek oor Julius Malema praat.
 
Dag 2:

Dit gaan ons besigste dag wees, word ons vooraf gewaarsku.

Ek gaan maak eers voete nat op die see wat ons speelplek is. In die verte waai ‘n visserman wat ‘n helm staan en visvang.

Later die oggend word ontbyt bedien en begin ons “werk”. (My baas lees immers ook hierdie artikel.)

Die eerste besoek is die luukse woonstelle, Bel Azur en Bon Azur Villa. Die woonstelle is perfek vir ‘n gesin of ‘n groep vriende wat Mauritius wil kom besoek. Die woonstelle is modern en luuks, dog prakties genoeg dat jy nie gaan voel asof jy nie water op die vloer mag mors nie.

Ons vertrek hierna na Black River, wat ook bekendstaan as “Little South Africa” met sowat 11 000 Suid-Afrikaners wat in die dorp woon. Ons wandel deur die winkels, waar ek tot my skok ‘n paar dasse wat ek vir my pa wou koop, moet terugsit. Dis duur.

Ons volgende bestemming is Tres Joli Villa – my gunsteling-blyplekke op die toer.

Tres Joli is sowat 15 minute se stap van Black River (die dorp), waarmee jy of met ‘n boot of te voet kan uitkom. Daar is een huis wat uitverhuur word wat stil en eensaam teen die see waghou. ‘n Groot grasperk en klimbome omring die huisie. Ons geniet middagete onder ‘n boom langs die huis.

Ek besef nou ek is werklik in ’n ander land... Ek gaan vertoef ’n rukkie op die grasperk en verkyk my aan die see wat lyk asof dit net vir Tres Joli geskape is.

Ons vertrek vir aandete na Beach House, ‘n bekende toerisme-attraksie op die dorp. Kort voor lank besluit ek en twee reisgenote, Ewoudt en Miguel, dis tyd om die eiland se naglewe op die proef te stel.

Ons besef dit is die eerste keer dat ons geld sal benodig. Minute later het ons elkeen 800 roepees in die hand. Ons kuier by 'n kroeg wat my aan ‘n aand in Langstraat in Kaapstad herinner. En geniet die rum waaroor almal by die huis gepraat het.

Dag 3:

Die volgende oggend maak my wekker nie hond haaraf nie... Dis daai rum se skuld. 

Ons het die dag vry en ons vaar die stad in. Ek wil op my eentjie die plek verken.

Soos ‘n gesoute toeris stap ek trots Suid-Afrikaans met my Bafana Bafana-T-hemp deur die stalletjies en koop ‘n paar rokke (dank Vader vir one size fits all). Ek neem foto’s van die Steers/Debonairs en Mr. Price-geboue, maar hou op toe ek besef dat dit nie werklik vreemd is nie. Ek eet middagete by die Spur en verlang skielik huis toe.

Die stap doen my goed, en ek loer by elke winkel in. Dalk was dit die Suid-Afrikaanse hemp, maar mense gaan uit hul pad uit om te help. Ek geniet dit om “bonjour bonjour” die winkels binne te stap. Vergewe my.

Op die see dryf tientalle bote. Die strande is spierwit en die water stil onder my tone. Alles is stil hier, besef ek.

Ons ontmoet vir middagete voor die hoogtepunt van die dag: Ons gaan snorkelduik! Dit sukkel aan die begin sonder ’n mondstuk, maar nadat my maats my bietjie touwys gemaak het, en ek alle moed bymekaar geskrap het om voor al die mans in die oopsee te swem, voel ek soos ’n pro... Onder die see sien ek fyn vissies wat soos sebras lyk en selfs ‘n seekat!

Ons drink sjampanje op ons ski-boot en soos in die flieks gaan die son skouspelagtig onder.

Ons groep gaan uit vir skemerkelkies en ek geniet weer my blou drankie van die vorige aand. Ons ontmoet een van die locals, en gesels oor die pragtige land.

Hy vertel ons dat hy verlede jaar getrou het. Dit was ’n groot gedoente met 2000 gaste.

Die aand voel Ewoudt olik en pak ek en Miguel alleen die naglewe aan.

Die pub het skielik lewe gekry en dis toeriste waar jy kyk. Langsaan hoor ons musiek en ons gaan stel dadelik ondersoek in, waar ons Miley Cyrus-erige tieners opspoor en ons twee die oudste mense binne is. Daar is selfs ’n paal waaraan die meisies wulps hang.
 
Dag 4:

Weer laat… Maar gelukkig het ons geen aktwiteite vir die dag nie.

Ek gaan stap vir oulaas langs die see en waai vir die man met die helm wat visvang.

En toe gaan koop ek die rum.

Vir meer besonderhede oor goedkoop vakansies in Mauritius, besoek www.bestbeach.co.za


 

Lees meer oor: reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Koos sê... Daar was seker baie benoude boude! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.