Hotel uit 12 ton rommel in Madrid opgerig
2011-01-20 16:10
Spanje – Die Meksikaanse bier-handelsnaam Corona het ‘n nuwe hotel in Madrid oopgemaak wat heeltemal uit rommel gebou is.
Die hotel is uit 12 ton gemors gebou wat bekom is van rommel-items wat op strande oor Europa gestrooi was.
Die idee is om bewustheid te kweek in die bewaring van kuslyne en strande oor die wêreld.
Die Duitse kunstenaar HA Schult het die hotel ontwerp en dit sal tussen 19 en 23 Januarie oop wees vir besoekers.
‘n Toerisme-kermis word ook gedurende dié tyd in Madrid gehou.
HA Schult, wat bekend is vir sy reisende werke “Trash People”, het gesê dat die hotel se filosofie grootliks op bewustheid gefokus is.
“Dit dui op die skade wat ons aan die see en die kus aanrig,” het hy in ‘n verklaring gesê.
“Dit reflekteer hoe dinge kan uitdraai as ons nie na ons planeet kyk nie.”
Besoek “Save the Beach” se webwerf hier.
Lees meer by The Independent