Hotel gaan groen met iPads
2011-03-16 11:09
Bangkok, Thailand – Die Rembrandt Hotel in Bangkok vat die konsep van omgewingsvriendelikheid ‘n stappie verder en bied hul gaste die nuutste interaktiewe dienste.
Gaste kan nou terugvoer gee en hul kommentaar en voorstelle op Apple se raakskerm-iPads los.
Rembrandt Hotel, in samewerking met Mobikon Technologies, het ‘n internet-platform geskep wat gaste toerus met ‘n interaktiewe metode om hul verblyf-ervaring te meet.
Dit is die nuutste stap in Rembrandt se “groen inisiatief”, deur omgewingsvriendelike iPads te gebruik in ‘n poging om minder papier te gebruik.
Die Rembrandt Hotel is in Bangkok se Sukhumvit-distrik geleë, naby die sentrale sakekern en gewilde winkels en toeristebestemmings.
- Breaking Travel News