Hier's die perfekte braaiplek

2009-09-24 11:12
Tweets Share Share line Print

Nasionale braaidag is ‘n dag vir om die vuur sit met familie en vriende met ‘n ou ietsie op die kole. As jy nie lus is vir jou agterplaas nie, hoekom nie een van dié pragplekke besoek nie?

Moederstad Braai areas

Little Bay in Kaapstad is fantasties vir strandliefhebbers, entoesiaste en families. Daar’s ‘n groot grasperk waar almal lekker saam kan kuier.

Die immer gewilde Kampsbaai, met Tafelberg in die agtergrond, bly ‘n familie-gunsteling. Alhoewel daar nog nie dié tyd van die jaar lewensredders aan diens is nie, word die kus wel met ‘n helikopter gepatrolleer. Die see is egter bitter koud, maar daar is altyd ‘n getypoel vir diegene wat lus voel vir swem.

Om en by in dieselfde area is Maiden’s Cove, wat tussen Kampsbaai en Glen Beach lê. Hiervanadaan is die uitsig op Tafelberg en die Twaalf Apostels asemrowend.

Perdekloof is 45 minute buite Kaapstad en het pragtige braai- en piekniekfasiliteite, en is op pad Kaappunt toe.

In Tokai kan 'n mens heerlik onder die bome braai. Dit is die ideale plek vir kranige stappers en daar is ook lekker bergfietspaadjies vir diegene wat die tjop en wors wil afwerk.

Silwermyn se piekniek- en braai areas is van die mees skouspelagtige in die Kaap. Hier kan jy op die oewer van die reservoir al langs die rolstoel-vriendelike plankpad braai.

Port-Elizebeth braai areas


Vat die pad Schoenmakerskop toe via die prentjiemooi Marine Drive. Dis omtrent 24km van die middestad af en bied braai areas, grotte, rotspoele en veilige swemplek vir die hele familie. As jy gelukkig is, sien jy dalk ‘n skool dolfyne.

By die Addo Olifant Park, ‘n dag se ry buite PE, is daar ook ‘n lieflike, beskutte piekniekplek en kamparea. 

Pretoria

Voortrekkermonument is nie net ‘n plek van historiese belang nie, mens kan ook die dag daar om die braaivuur spandeer.  Van bo-op die monument is daar ook ‘n lieflike uitsig oor Pretoria.

Vir Pretorianers wat hou van stap en bergfiets ry, is Groenkloof Natuurreservaat ‘n natuurlike opsie. Dié plek laat net ‘n beperkte hoeveelheid besoekers toe, so wees maar vroeg daar.

Wonderboom, noord van Pretoria, is geleë in die beeldskone Magaliesberge. Hulle maak hul hekke vieruur toe, so sorg dat jy lank voor die tyd daar aankom. Volwassenes betaal R18.50 en dis R12.50 per kind.

Die Kruger Nasionale Park is dalk ‘n bietjie ver, maar as jy wilde diere wil sien terwyl jy aan jou tjoppie knaag, is Derdepoort die antwoord.

Fountains bied ‘n dag van pret vir die hele gesien met swemgate, kampeerplek, bergfietspaadjies en, natuurlik, braaiplek.  Naweke is daar selfs ‘n miniatuur trein wat verseker die jongspan vir ure sal gelukkig hou. Kontak hulle op 012 4407131 / 2121

Rietvlei Natuurreservaat is ook die perfekte daguitstappie vir wildliefhebbers. Hier is ook puik sportfasiliteite vir die meer aktiewe braaier. Vissermanne sal ook bly wees om te hoor dat hulle van die noordelike en westelike oewer af kan lyngooi, maar motorbote word nie op die dam toegelaat nie.

Johannesburg se braai areas

Behalwe vir die feit dat dié plekke puik braai- en piekniekareas bied, wag daar ‘n klomp honger eende en ganse vir die kinders om te voer by die Dieretuinmeer, Emmarentiameer, en Gillooly Plaas. Daar is ook ‘n heerlike groot grasperk waarop kinders kan baljaar.

By die gewilde Roodepoort Florida Meer kan mens nie net braai nie, maar op die meer gaan met ‘n kano of bootjie.  Honde is ook welkom hier.  Vir meer inligting kontak Stad Parke op 011 712 6600.

As vleis jou ding is, is Soweto se populêre “koop en braai” plekke net die ding.  Hierdie kuierplekke is gewoonlik deel van die plaaslike slagtery, met ‘n sjebeen of nagklub net om die draai.

Dan is daar ook die Leeu en Renoster Natuurreservaat met 30 braai areas in die skaduwee en ‘n lapa wat uitverhuur word.  Kinders is mal oor die Pygme Seekoeigat en kan ook lekker in die swembad baljaar.


Vir diegene met ‘n 4x4, is De Wildt se 4x4 roete net die ding.  Braai fasiliteite is ook beskikbaar vir R30 per persoon, maar sluit nie die 4x4 roete in nie.

Durban

Battery Beach, effe stiller as Durban se hoof strand, is die ideale strand vir tussen die duine lê en ontspan.   Daar is ook kleedkamers, toilette en ‘n kiosk beskikbaar.  Klink perfek vir ‘n lekker skottelbraai.

Nog meer afgeleë, is die Dunes, Oasis en Country Club. Hier kan jy en jou gesin die privaatheid van ‘n lang, afgeleë strand geniet.

Laguna Strand is ‘n gunsteling onder vir jet-skiërs en vissermanne.  Vir die meer aktiewe braaier, is daar ook oorgenoeg plek vir vlieërs vlieg of  vlugbal en rugby speel.  Hierdie strand is perfek vir families en kinders is veral mal oor die swembad en waterglybaan.

 - Kliek hier vir nog reis-wenke
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.