Hier kan jy jagluiperds se spoor volg
2011-04-13 12:05
In ‘n opwindende nuwe ontwikkeling is jagluiperd-spoorsny en begeleide staptoere nou deel van die aktiwiteite wat besoekers aan die Bergkwagga Nasionale Park kan geniet.
Besoekers sal saam met ‘n gids na die skaars Bergkwagga Nasionale Park-jagluiperds kan soek deur gebruik te maak van radio-telemetrie-toerusting.
Jagluiperds is in 2007 in die park ingebring nadat hulle vir meer as 100 jaar afwesig was in die omgewing.
Die diere het baie goed in die park aangepas en het van vier in 2007 na meer as 30 in getalle gegroei.
Die nuwe aktiwiteite sluit twee nuwe begeleide staproetes in: ‘n drie-uur roete en ‘n stap op by Salpeterskop.
Die staptoere, jagluiperd-spoorsny en begeleide ritte word deur opgeleide gidse gedoen.
Kry meer inligting by SanParke
Lees meer by iafrica