Haai-aanvalle sleg vir toerisme in Aus

2011-10-24 11:34
Tweets Share Share line Print

Canberra, Australië – Die skielike dood van ‘n Amerikaanse duiker in die kake van ‘n witdoodshaai op die Weskus van Australië het gelei tot bespiegeling dat ‘n mensvreterhaai vir onlangse sterftes veramtwoordelik is.

Dit is die derde mens wat in drie maande in die omgewing as gevolg van haai-aanvalle gesterf het.

Nietemin is wetenskaplikes van mening dat drie haaie verantwoordelik kan wees en dat die drie gevalle net ongelukkige voorvalle was.

Die suidweste van Australië is meer gewild vir die dolfyn- en walviskyk-bootritte, wit strande, wêreldklas branders vir branderplankry en die peperige shiraz van die Margaret River-distrik as vir dodelike haai-aanvalle.

“Hierdie is ‘n unieke stel omstandighede en ek bid desperaat dat dit nie die begin van ‘n nuwe neiging is nie en dat ons dit nie nou op ‘n gereelde basis sal hê nie,” het Norman Moore, Wes-Astralië se minister van visserye, Sondag na aanleiding van die drie dodelike aanvalle gesê.

Die jongste voorval het Saterdag plaasgevind toe ‘n Amerikaner, George Wainwright (32), aangeval is toe hy van ‘n boot naby Rottnest-eiland, ‘n paar kilometer van Perth, geduik het.

‘n Toeroperateur in die omgewing wat in duik spesialiseer het ‘n beroep op die regering gedoen om haaie dood te maak wat ‘n gevaar vir mense inhou.

“Die moeilikheidmakers – die probleem-haaie wat in ‘n gebied inbeweeg en wat aggressief is – moet doodgemaak word om die risiko van toekomstige aanvalle te verminder,” het Terry Howson, die direkteur van Rockingham Wild Encounters, aan AP gesê.

Howson het die beroep op die regering gedoen sedert een van sy toergidse, Elyse Frankcom, verlede jaar in ‘n haai-aanval beseer is.

“Dit berokken groot skade aan die toerismebedryf,” het hy gesê.

Australië is besig omn slegte naam te kry as ‘n plek wat vol gevaarlike diere is.”

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lees meer oor: australië  |  toerisme  |  haai-aanvalle  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.