Grootpad roep steeds na Dana

2011-10-31 13:14
Tweets Share Share line Print

Dana Snyman (Foto's: Marieke Snyman)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – 'n Mens sou dink kamp en tent-opslaan is tweede natuur vir Suid-Afrika se gunsteling-reisskrywer. Maar Dana Snyman weet presies watter geriewe hy tydens 'n ontspanne wegbreekkans verkies.

“Kyk, ek is nie negatief oor kamp nie. Ek dink as gesinne gaan kamp, kan dit lekker wees – om almal so naby aan mekaar te hê. Maar ek verkies dit om ‘n bed, ‘n gloeilamp en ‘n stort te hê. Nie eers fancy nie,” verduidelik hy.

Ons gesprek draai eers by ons gemeenskaplike van. Hy het vir sy nuwe boek, Hiervandaan, redelik baie navorsing oor die Snymans in Suid-Afrika gedoen.

“Ons is van Hindoe-afkoms. ‘n Indiese vrou het haar lover vermoor en is na Kaapstad verban,” vertel hy kortliks. “Sy word toe ‘n skoonmaker in Jan van Riebeeck se kasteel en ontmoet ‘n Duitser wie se van Snyder is. Hy maak haar toe swanger en word Robben Eiland toe gestuur en dit is waar sy spoor doodloop.

“Die kind moet toe geregistreer word en sy van is verhollands van Snyder na Snyman. Hy was ‘n bruinmens.”

Dana Snyman

Dana se nuwe boek is gebaseer op drie verskillende reise wat in 2010 begin het. Tot Junie vanjaar nog het hy gereis.

Hy verduidelik dat hy vreemd in sy eie land begin voel het en wou uitvind waarom. Met dit het hy sy familienaam begin navors.

“Ek vind toe uit dat die van Snyman eg Suid-Afrikaans is, dit is hier begin. So ek hoort in die land. Ek hoef nie vreemd te voel nie.”

Die reis begin in die Kaap op ‘n plaas wat deur die eerste Snyman besit is. Vandaar reis hy oor die land heen en voer gesprekke met sy pa ook.

“My pa was baie siek so ons het gereeld mekaar gebel. Hy is intussen oorlede.”

Dana Snyman

Hy het altesaam 8 000 km gery en plekke soos Pofadder, die Vrystaat en Julius Malema se geboortedorp besoek. “Net om te sien hoe dit lyk.”

Daar is vir hom geen onderskeid meer tussen reis en skryf nie. Dit is deel van sy lewe en voel nie aldag soos werk nie.

“Maar mense het ook soms die verkeerde idee oor my werk. Ek kry baie mense wat sê, ‘Jis, om by Weg te werk, moet wees soos om heeltyd op vakansie te wees.’ En dit is nie so nie.”

Hy reken mense dink om te skryf is om rooiwyn te drink, by die venster uit te staar en na Mozart te luister en dan vloei die inspirasie by jou vingers uit.

“Om te skryf is blerrie harde werk. Ek lees nou onlangs dat iemand gesê het, ‘Om te skryf is soos om op jou knieë te staan en vloere te skrop.’ Dit is moeilik. Dit is harde werk.”

Dana Snyman

Daar is min plekke in Suid-Afrika waar hy nog nie was nie. Daar is plekke wat hy nie goed ken nie, maar hy reken hy was al orals gewees.

“Daar sal so odd dorpie hier en daar wees waar ek nog nie was nie. Ek ken nie die Oos-Kaap baie goed nie, maar ek was al op die meeste dorpe.”

Dit word vir hom toenemend moeilik om te sê watter plekke sy gunsteling is, maar hy het ‘n sagte plekkie vir die Karoo en veral Namibië.

Hy sal egter nooit weer ‘n nag op Ventersdorp deurbring nie.

“Kyk, ek het daar groot geword. Maar my ma en my pa is beide daar dood en begrawe. Ek sal hulle grafte weer besoek, maar ek sal nie weer daar oorslaap nie.”

Ventersdorp sien hom dalk nie gou weer nie – maar die grootpad roep steeds. Dis immers met dié reise wat hy genoeg avonture het om deurentyd vir interessante verhale te sorg.

– Dana se nuwe boek, Hiervandaan, is nou op die rakke beskikbaar. Koop Hiervandaan op Kalahari.com.

– Lees Dana se rubrieke op Nuus24.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: dana snyman  |  kaapstad  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.