Gratis begeleide staptoere by Kaappunt
2011-05-17 16:19
Geesdriftige vrywilligers bied nou gratis begeleide staptoere aan by Kaappunt, het SanParke op hul webwerf bekendgemaak.
Besonderhede:
Bymekaarkomplekke vir alle stappe is net binne die hoof-hek op die tweede Sondag van elke maand.
Stappers moet sterk stewels dra en sorg dat hulle ‘n hoed, sonskerm, iets wat hulle teen die reën sal beskerm, water en iets te eet het.
Daar is geen ekstra kostes vir die stap nie.
Navrae: John 021 782 2379 / Ian 021 782 8552
Besoek SanParke se webtuiste om die datums en tye vas te stel.