Goeie kampplekke wag by Nelspruit

2010-09-01 08:49
Tweets Share Share line Print

Nelspruit is nie net ’n stilhouplek op pad Krugerwildtuin toe nie, die kampplekke hier is op sigself ’n besoek werd.

Twee van die kampplekke, Leo’s-woonwapark en Nature’s Gate, lê aan die buitewyke van die stad.

Leo’s is etlike kilometer suid van Nelspruit naby die R40 geleë.

Hoewel die laaste stukkie grondpad van die R40 slepers met duur woonwaens kan afskrik, is dié kampplek die moeite werd.

Die eienaars, Debbie en Eric Lowther, het reeds begin om tweespoor-sementblaaie te gooi om dit meer toeganklik te maak.



Diegene wat reeds tyd in die somer in Nelspruit deurgebring het, sal weet dat die kwik hier kan styg.

Kampeerders kan gelukkig hier lafenis vind onder die digte blaredak van bladwisselende pekanneutbome.

Die oord grens aan die Barberton-natuurreservaat.

Hou jou kamera byderhand, want nou en dan sluip ’n koedoe of ’n ystervark die kamp binne.

Verder is daar ook ’n speletjieskamer om die jongspan besig te hou.

Die ablusiegeriewe word gereeld skoongemaak en daar is genoeg warm water dat selfs die laatslapers ’n warm stort sal hê.

Die kamp het 24 grasbedekte staanplekke met elektrisiteit, maar as jy nie ’n woonwa kan bring nie, kan die personeel vir jou een van tien ingerigte tente opslaan.

Nature’s Gate lê nader aan Nelspruit, wes van die stad naby die N4.

Die kampplek word tans opgeknap.

Daar is op die oomblik 50 kampplekke, maar dit sal verminder na 20 luukse staanplekke wat groter en meer privaat sal wees.

Vakansiehuisies en permanente tente sal ook toegevoeg word.

Net soos Leo’s word die staanplekke deur digte bome teen die son beskut.

Die oord lê teen die Cairnrivier en daar is ’n dam waar jy groot- en kleinbekswartbaars kan uittrek as die geluk aan jou kant is.



Jy kan hier óf agteroorsit en die natuurskoon geniet, óf die hele dag lank besig bly.

Daar is ’n speelparkie vir die kleinspan en selfs ’n verfbalbaan.

Die kamp het twee afsonderlike ablusieblokke vir mans en vroue, asook ’n rolstoelvriendelike badkamer.

Al die staanplekke het kragpunte, behalwe vir ’n paar staanplekke aan die oewer van die rivier.

Lees meer oor hierdie kampeerplekke in die jongste uitgawe van die tydskrif WegSleep wat nou te koop is. 

- Die Burger

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.