Goed, beter, Boven

2010-03-02 13:11
Tweets Share Share line Print

Waterval-Boven is net so gehard soos die rooi kranse wat die dorp omring. Op dié spoorwegdorp loop die lewe teen ’n stoomtreinpas.

Hier volg ‘n lys wat Weg saamgestel het vir elke besoeker:

1. Waterval-Boven se waterval:

Trek volgende keer op die N4 langs die tonnel buite die dorp af en stap na die waterval wat aan die dorp sy naam gee.

Stop egter net hier tussen 08:00. en 16:00. wanneer die toerisme-monitors aan diens is en dit veilig is. 

Stap op die paadjie regs van die tonnel na die onderpunt van die waterval as jy ’n bietjie sproei op jou lyf wil voel.

2. Rek jouself uit teen die rotse:

As jy al ooit gewonder het of jy ’n bietjie geitjie in jou het, is Waterval-Boven die plek om uit te vind.

Die aantal én verskeidenheid rotsklimroetes teen die lekker lang kranse en die pragtige omgewing maak van Waterval-Boven sekerlik die beste klimplek in die land.

Roc ’n Rope se naweekkursusse vir beginners het ’n goeie reputasie.
 
3. Toeka se dae:

Wat is ’n dorp sonder ’n spook? Op Waterval-Onder het ’n Britse soldaat en sy Afrikaanse nooi, ’n verpleegster, vir jare gaan kers opsit onder die peperboom wat voor die wisselstasie vir poskoetsperde gestaan het. 

Hier is ook ’n klomp werkers begrawe wat gesterf het terwyl hulle aan die treinspoor gewerk het. Die storie loop dat een man vir elke dwarslêer op die lyn gesterf het!

Agter die begraafplaas is Krugerhof, waar pres. Paul Kruger in die winter van 1900 gewoon het voor hy as banneling na Europa gevlug het. Die vierkantige sinkhuis is in ’n netjiese museum omskep.
 
4. Bekyk ’n “Indiese tempel”:

“Ek is mal oor diere,” sê Sue Yates van Blaauwboschkraal Trails, sy besit 23 perde, 15 honde en 10 katte. Klim op een van haar perde en draf na die Blaauwboschkraal-ruïnes in die berge bokant Boven.

Ons saal op en kies koers berg-op, vergesel deur sewe blaffende brakke. Ná ’n halfuur se rustige trippel kyk ek af op Waterval-Boven, omring deur groen berge. “Op ’n helder dag sien jy so ver as Machadodorp,” sê Sue.

Dan sien ek die eerste sirkel. Dié ruïnes bestaan meestal uit een of meer ronde klipstrukture. Elkeen is uniek, maar die oorsprong is ’n raaisel – party mense glo dis Indiese tempels, en ander is oortuig mense uit Afrika het dit 1 500 tot 2 000 jaar gelede opgerig. – Lawrette McFarlane
 
5. Tart ’n forel:

Forelvang op Waterval-Boven is vir hengelaars wat nie hou van sukkel nie. Die dorp se drie damme lê stapafstand van ’n paar winkels af, jy kan piekniek hou en braai op die oewers en die ablusieblokke is silwerskoon.

Lees meer op Weg se webtuiste.
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.