Gewilde Jaws-pretrit sluit ná 21 jaar
2011-12-05 15:03
Kaapstad – Nadat dit miljoene besoekers en kinders vir 21 jaar die skrik op die lyf gejaag het, gaan Universal Orlando sy geliefde Jaws-pretrit op 2 Januarie sluit, het die Baltimore Sun berig.
Die rit, wat op die 1975 Academy-bekroonde film Jaws gebaseer is, sal sluit “om plek te maak vir ‘n nuwe aantreklikheid”, het Universal Orlande Vrydag bekend gemaak.
Dit was een van die oorspronklike aantreklikhede van die park toe dit in 1990 oopgemaak het.
“Jaws was ‘n ongelooflike trekpleister en ‘n belangrike deel van ons geskiedenis. Ons weet dat Jaws ‘n spesiale plek in die harte van ons gaste het,” het woordvoerder Tom Schroder aan The Sun gesê.
“Maar ons moet altyd na die toekoms kyk en nuwe, meer innoverende ervarings aan ons gaste bied.”
– Lees meer by Huffington Post
– Volg Nuus24 op Twitter