Geen verbod op jag in Botswana
2011-08-05 10:23
Kaapstad – Die regering in Botswana het gesê dat hulle besluit het om nie wildjagbedrywighede in die land te verban nie.
Dit is hul amptelike reaksie op die artikel getiteld “Wildlife hunting to cease in Botswana” wat verlede week in die staatskoerant Mmegi gepubliseer is.
Mable Bolele, koördineerder vir kommunikasie, navorsing en ontwikkeling vir die ministerie van ontwikkeling, wildlewe en toerisme, het gesê geen so ‘n besluit is geneem nie.
“Daar is eerder besluit om fotografie-toerisme aan te moedig en om die jag van wildlewe geleidelik te beperk, eerder as om dit te verban.
“Daar moet kennis geneem word dat dit oorweeg sal word dat spesies wat se getalle afneem weens wildjagbedrywighede verban kan word, terwyl diere soos die olifant wat se getalle styg steeds binne die Cites-raamwerk gejag sal word.”
– Lees meer by Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter