Geen meer Comair-vlugte na Maputo
2012-01-16 11:33
Johannesburg – Die lugdiensgroep Comair het bevestig dat al sy vlugte van Lanseria-lughawe in Johannesburg na Maputo in Mosambiek gestaak gaan word, het Tourism Update berig.
Heidi Brauer, uitvoerende hoof van groepbemarking vir Comair, het gesê die groep het besluit om sy vlugte op dié roete vir eers te staak weens die huidige ekonomiese klimaat.
“Die mark kan nie pryse bekostig wat hoog genoeg is om die roete winsgewend te maak nie. Ons sal ons oog op die roete hou en dit moontlik in die toekoms weer begin gebruik,” het sy gesê.
– Lees die volledige artikel op Tourism Update.
– Volg Nuus24 op Twitter.