Gautrein tussen Pta, Jhb gou in werking
2011-08-01 13:23
Johannesburg – Die Gautrein is onlangs nog op die spoorlyn tussen Hatfield en Park Stasie in Pretoria en Johannesburg getoets, maar sal amptelik op 2 Augustus met volle kommersiële ritte begin, berig GoTravel24.
Treindienste sal daagliks tussen 05:30 en 20:00, insluitend naweke, beskikbaar wees.
Die Gautrein beloof om Johannesburg en Pretoria met mekaar te verbind met ‘n reistyd van slegs 40 minute.
Die oos-wes-lyn tussen OR Tambo Internasionaal en Sandton het reeds meer as ‘n miljoen pendelaars vervoer.
– Kliek hier vir meer inligting.
– Volg Nuus24 op Twitter.