Franse sjefs bak en brou ondergronds
2010-11-26 13:00
Parys - Bekende Franse sjefs is besig om mondwater-disse voor te berei in 'n reeks eienaardige kooksessies - onder die grond.
Die bobaaskokke stel hul kosmaakvernuf ten toon op die perronne van Parys se moltreinstelsel en bedien pendelaars met disse soos calamari risotto en vrugte crêpes. Reisigers is selfs bederf met eendgeregte en stokvis.
"Dis 'n tentoonstelling van goeie kos," het Patrice Caillault van die restaurant Domaine de Rochevilane in Brittany gesê.
Elke dag is daar ander temas vir die kos, bedien deur ander sjefs.
"Die mense wat van die Metro (moltreinstelsel) gebruik maak voel dalk hulle kan nie altyd 4-ster kos geniet nie. Maar ons wil dit verander," aldus Caillault.
- Sapa-AP