Franschhoek vir kos-liefhebbers
2011-05-25 12:31
Alle kos- en wyn-entoesiaste – spits julle ore.
As jy nog altyd die kuns van brood-maak, sushi-rol of kos en wyn paar wou bemeester, hou die naweek van 10 – 12 Junie oop vir Cook Franschhoek, waar plaaslike, bekende instellings besoekers ‘n verskeidenheid aktiwiteite sal bied wat op hierdie elemente fokus.
Van die vallei se gewildste en bekroonde sjefs sal self die demonstrasies aanbied.
Onder die bekendes is Margot Janse van Le Quartier Français (wat verlede jaar 31ste geëindig het in die S. Pellegrino 50 beste restaurante in die wêreld); Neil en Tina Jewel van Bread & Wine by Môreson sal ‘n onvergeetlike demonstrasie oor brood aanbied.
Ander demonstrasies sal aangebied word deur onder andere The Salmon Bar, Freedom Hill, Holden Manz, Ryan’s Kitchen, Mange Tout, Franschhoek Country House and Villas, L’Ermitage, Huguenot Fine Chocolates, Le Franschhoek, Haute Cabrière, La Motte, Grande Provence en Café Bon Bon.
Restaurante sal saam met wynmakers in die omgewing paar vir persoonlike ervarings van die sjef en wynmaker.
Vir meer inligting oor Cook Franschhoek, akkommodasie en die kos- en wynroete, besoek www.franschhoek.org.za of kontak 021 876 2861.
- Nuus24