Fotowenk vir blomme afneem

2011-08-30 10:33
Tweets Share Share line Print

Phillip van Staden van Naboomspruit het die foto in die Kamieskroongebied geneem. “Die blomme is ongelooflik hierdie jaar, veral langs die pad na Loeriesfontein by die kokerboomwoud sowat 27 km buite Nieuwoudtville,” sê Van Staden.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Alet Pretorius, fotograaf by Foto24, skryf:

Baie mense is teleurgesteld met hul foto’s wanneer hulle pragtige plate blomme afneem. Wat hulle sien, vertaal nie so maklik in ’n foto nie. Maar met ’n bietjie beplanning en ’n paar wenke oor hoe om die taal van fotografie te gebruik, kan jou blommefoto’s bekoor.

Wanneer jy plate blomme afneem, is die kleur, die komposisie en beligting baie belangrik.

* Kleur: ’n Mens se oog en brein reageer op kontrasterende kleure en daarom is dit ’n baie doeltreffende element om in fotografie te gebruik.

* Komposisie: Soos in die meeste foto’s is die reël van derdes ’n goeie komposisie.
Jy kan ook die goue driehoek-komposisie gebruik. Trek ’n diagonale lyn van een hoek na die ander. Verdeel dan die twee driehoeke wat vorm weer deur ’n lyn van die ander twee hoeke tot op die eerste lyn te trek. Fokuspunte wat op hierdie punte val, sorg ook vir ’n treffende komposisie.

Kyk ook uit vir patrone, lyne en kurwes en gebruik dit om jou fokuspunt te beklemtoon. ’n Element wat ’n patroon breek, sorg ook vir ’n baie treffende fokuspunt.

* Beligting: Sagte lig is ideaal om blomme af te neem. Maak dus seker jy is op die regte tyd van die dag op die plek waar jy wil foto’s neem.

Die vroegoggend-lig is die laaste lig van die dag en werk perfek. Bewolkte weer versprei die lig eweredig en maak ook mooi blommefoto’s.

Blomme kan ook baie dramaties naby- of detail-foto’s maak. Belê in ’n makrolens of gebruik die makro-verstelling op jou mik-en-druk en gaan nader.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Beeld

Lees meer oor: fotografie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.