Flaminke kuier weer in die Kaap

2011-01-11 13:53
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - "Ons is werklik bevoorreg om al hierdie wonderlike natuurlewe so na aan ons middestad te hê. Dis die eerste keer in al die jare dat ek flaminke in die strandmeer gesien het.”

Só het die Springbok-kanovaarder André Collins gereageer toe hy uitgevra is oor die ryk voëllewe wat jy deesdae in Milnerton sien.


Met jou kano kan jy naby die voëls op die Milnerton-strandmeer roei. ’n Bont-elsie gee hier pad vir ’n kanovaarder nie lank ná sonsopkoms nie. Ook flaminke en pelikane word soms op roeitogte gesien. Foto’s: EBEN HUMAN


Collins, ’n veteraan van die Bergrivier-kanomarathon, roei al meer as 40 jaar en het na Milnerton getrek waar hy elke dag naby sy huis kan gaan oefen.

Sulke roeiers is altyd bewus van die water se gehalte; en wanneer daar besoedeling plaasvind, is dit nie net die voëls, visse en ander natuurlewe wat dit ontgeld nie.

Collins vertel daar was drie jaar gelede ’n groot probleem met besoedeling. Van Milnerton se inwoners het per e-pos met Helen Zille, toe die burgemeester van Kaapstad, kontak gemaak, en sy het baie vinnig gereageer.

Die besoedelde water het van Potsdam gekom en is onder beheer gebring. Die visse en die voëls het daarna teruggekeer, en plaaslike inwoners is verbaas oor al die natuurlewe wat hulle deesdae so naby die stad kan geniet.

“Toe ek Nuwejaarsdag opstaan en oor die see kyk en boonop ’n albatros en dolfyne sien, het ek geweet dit gaan ’n goeie jaar wees. Hier van my kantoor kan ek nou, terwyl ek met jou praat, sien hoe die pelikane by Rietvlei opstyg,” het Collins gesê.

Die groot vleilandgebied by Rietvlei is baie belangrik vir die bewaring van die voëls. Collins sê die water het in die wintermaande op ’n natuurlike wyse hierin gevloei, maar dit is later met ’n kanaal gedreineer.

“Daar was ’n tyd toe baie mense van Table View oor die stof gekla het. Dit was in tye dat die gebied droog was,” het die roeier gesê.

Van Rietvlei is daar ’n dun groen long na die Milnerton-strandmeer wat ook by sy mond na die see oop is. Aan die een kant is ’n bedrywige gholfbaan, en aan die ander kant beweeg duisende mense elke dag op ’n snelweg van die middestad na Bloubergstrand, Melkbosstrand en die Weskus.

Collins meen die voëls raak gou gewoond aan jou as jy daar roei. “Dis baie indrukwekkend as pelikane oor jou opstyg. Dis soos Boeings,” het hy gesê.



“Ek dink die Swartrivier kan dieselfde wees as daar meer moeite gedoen word om hom skoon te hou. Hulle moet die hiasinte in die wintermaande verwyder wanneer hulle nie groei nie,” het die kanovaarder gesê.

Met my onlangse besoeke aan die strandmeer was dit opmerklik hoe baie vis daar in die water was.

Afgesien van die pelikane en flaminke het dit van die kolganse gewemel. Daar was ook voëls soos elsies, reiers, seemeeue, snippe, strandkiewiete, visvangers, sterretjies, duikers en eende.

“Dis die moeite werd om vir ’n skoon omgewing te veg,” het Collins gesê.
 

- Die Burger

Lees meer oor: wes-kaap  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.