Trap van Egipte na die Kaap

2011-05-10 11:34
Tweets Share Share line Print

Só het ’n ondersteuningsvoertuig van die Tour d’Afrique verlede week op die nat paaie van Namibië vasgeval. Dit was op ’n roete van Windhoek na Sossusvlei.Foto: TOUR D’AFRIQUE

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vroeg in Januarie het honderd fietsryers uit Egipte vertrek op pad na die Kaap.

Toe daar Vrydag met hulle kontak gemaak is, was hulle by ’n kampeerterrein naby die Visriviercanyon.

Onder die ryers is Marelie van der Merwe, wat haar skoolloopbaan in Langebaan en Saldanha voltooi het voordat sy die laaste jare in Ghana gewoon het.

Van der Merwe kan skaars wag om Saterdag in die Kaap aan te kom. Alle Kaapse fietsryers is al genooi om Saterdagoggend saam met dié avonturiers van Bloubergstrand op die spesiale fietspad tot in die Moederstad te ry.

Teen 13:00 sal daar ’n feestelike stemming heers in die eko-park langs die internasionale sokkerstadion in Groenpunt waar hul aankoms behoorlik gevier sal word.

Toe Van der Merwe Vrydag op ’n satellietfoon gebel is, het sy gesê die Soedan was vir haar die hoogtepunt.

“Die woestyn was wonderlik. Dit was eksoties en anders en die mense het ons oral baie vriendelik ontvang,” het sy vertel.
Haar volgende gunsteling was Tanzanië. “Ons het agt dae lank net op grondpaaie gery. Die paaie was ook baie nat en modderig,” het sy gesê.

“Namibië bly ook een van my gunstelinge. Ek kan net nie glo die toer is al amper verby nie. Ek sien baie daarna uit om weer my vriende in die Kaap te sien,” het die Weskusvrou gesê.

Die onderonsie met die olifant was kort nadat die Zambezi van Zambië na Botswana oorgesteek is. Henry Gold, die man wat Tour d’Afrique begin het, is self vroeër vanjaar deur ’n olifant in Indië aangeval en die ryers is behoorlik ingelig oor die gevare van hierdie groot diere.

“Ons was net 100 m van die olifant af toe hy skielik in ons rigting storm. Ek was die vinnigste om in die teenoorgestelde rigting weg te jaag. Olifante kan 40 km/h haal,” het Van der Merwe op haar blog geskryf.

- Beeld

Lees meer oor: afrika  |  reis  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.