Etiket op die Tube

2012-02-01 13:25
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Flight Centre het tien wenke vir etiket op die Londense ondergrondse treinstelsel saamgestel wat toeriste in dié stad in gedagte moet hou.

1. Hou regs
Onthou om regs te hou wanneer jy die moltrein en die roltrappe gebruik wat na die platforms lei.

2. Respekteer ander se persoonlike ruimte
Maak plek vir ander passasiers se arms op sitplekke. Koerante en kaarte moet opgevou wees. Moenie oor iemand se skouer loer wanneer die passasier ‘n tydskrif lees of ‘n blokkiesraaisel invul nie.

3. Sitplekke vir ander
Dis goeie maniere om vir ma’s met babas, swanger vroue, gestremde mense of bejaarde passasiers op te staan en jou sitplek aan te bied.

4. Wees tjoepstil en vermy oogkontak
Jou mede-passasiers sal nie harde musiek, selfone of harde gesprekke waardeer  nie. Toeriste moenie verwag om ‘n persoonlike verhouding met iemand op die moltrein te ontwikkel nie. Wees bewus van wat om jou aangaan, maar moenie direkte oogkontak met mense maak nie.

5. Hoe gemaak met rugsakke en babas?
Volgens Tube-etiket moet rugsakke van jou rug verwyder en by jou voete neergesit word. As jy met ‘n baba reis, is dit ‘n goeie idee om spitstye te vermy. Die moltrein is stiller tussen 10:30 en 16:00.



6. Die sardien-reël
Daar is nie altyd plek vir nog net één persoon nie. Moenie probeer om jouself by ‘n oorvol waentjie in te druk nie. Wag eerder vir die volgende trein.

7. Breek weg van die massas
Pendelaars is geneig om by die middel van die platform vir ‘n trein te wag. Skuif eerder na die einde van die platform om lang rye te vermy.

8. Moenie huiwer nie. Beweeg!
Almal is haastig om in en uit die treinstasies te beweeg. Maak seker jou kaartjie is by die hekke al gereed sodat jy vinnig kan aanbeweeg. As jy huiwer of te lank neem, sal jy vinnig ontwrigting veroorsaak.

9. Hongerpyne?
Onthou dat ‘n trein ‘n beknopte ruimte is, so wag eerder tot jy afklim voordat jy jou tunablikkie in jou rugsak oopmaak.

10. Beplan
Hou ‘n klein kaart by jou, sodat jy vinnig ‘n alternatiewe roete kan kry indien dit nodig is. Dis ook wys om ‘n Oyster-kaart te oorweeg as jy vir meer as drie dae in Londen deurbring. Dié kaart sal goedkoper uitwerk as wat jy daagliks treinkaartjies koop.

Besoek Flight Centre vir reispakkette of skakel hulle by 0860 400 747.

Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.