Empire State-gebou word 80
2011-04-29 22:10
Dit is so opsigtelik, duidelik en selfs effens cliché, dat die Empire State-gebou soms, ironies genoeg, misgekyk word deur baie besoekers aan die VSA.
Dié wolkekrabber, die hoogste gebou in New York, sal op 1 Mei sy 80ste verjaarsdag vier.
Baie mense word afgesit deur die lang toue waarin hulle moet staan om die gebou te besoek.
Nietemin, met die hoogste en beste uitsigte oor die stad is dit iets wat nie misgeloop moet word as jy in dié stad is nie.
Lees meer by BBC