Emirates-webwerf laat passasiers eie reisplanne hanteer
2012-02-22 19:56
Die lugredery Emirates se webwerf www.emirates.com laat passasiers toe om hul eie reisplanne te bestuur en verander soos hulle dit verkies.
Passasiers kan die tyd of datum van hul vlugte verander, nóg 'n vlug by hul bestaande een kies of opgradeer na Emirates se eersteklas of besigheidsklas.
Dit maak ook glad nie saak of passasiers hul vlugte deur die webwerf, 'n agent of op die telefoon bespreek het nie, alles kan enige tyd van die dag aanlyn verander word.
Emirates het die opsie om reisplanne te verander op al hul webwerwe geïmplementeer, insluitend in Suid-Afrika.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.