Emirates plaas grootste bestelling in Boeing-geskiedenis
2011-11-14 16:44
Doebai – Die Emirates-lugredery het die grootste enkele bestelling vir vliegtuie in dollar-waarde in die geskiedenis van Boeing geplaas, met 50 777-300 ER-vliegtuie wat bestel is.
Dié lugredery het die bestelling, van sowat $18 miljard (R142 miljard), by die Doebai-lugskou gemaak.
Die ooreenkoms sluit ook die opsie in om 20 777-300 ER-vliegtuie ter waarde van $8 miljard (R63 miljard) te bestel, met die totale waarde van 70 vliegtuie wat $26 miljard (R205 miljard) sal beloop.
Hierdie rekordbestelling sal by Emirates se bestaande vloot van 95 777’s gevoeg word.
Emirates het reeds ‘n bestelling van 40 777-300 ERe, so met die nuwe bestelling verwag die lugredery 90 nuwe 777-300 ER-vliegtuie.
– Lees meer by Breaking Travel News
– Volg Nuus24 op Twitter