Ekstra bagasie nou duurder

2012-02-21 09:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Passasiers, waaronder musikante, van die lugredery kulula.com is ongelukkig omdat hulle nou per artikel en nie meer per kilogram nie vir ekstra bagasie moet betaal.

Waar hulle voorheen van hul musiekinstrumente as handbagasie kon oplaai, moet hulle nou tussen R200 en R300 per artikel opdok.

Die Idols-wenner Elvis Blue het gesê hy is ontevrede omdat hy nou ekstra betaal as hy sy kitaar saamneem. “Kulula het die volste reg om meer geld te vra indien hy so voel, maar ek moet nou tussen my kleretas en ’n kitaar kies.”

Blue, wat sy akoestiese en elektriese kitaar sowel as ’n klawerbord saamneem, het gesê dit beteken dat hy nou R900 meer moet betaal.

“Musikante en sportmanne gaan regtig sukkel. Ek wil nie eens weet wat gaan gebeur wanneer almal vanjaar vir die Argus(-fietstoer) af Kaap toe gaan nie.”

Die musikant Francois van Coke het gesê as hy nou sy musiekinstrumente saamneem, is dit net so goed hy betaal vir twee ekstra kaartjies. “Kulula se pryse is redelik, maar ek stem nie saam met hierdie ekstra kostes nie,”

Volgens Nadine Damen, Kulula se bemarkingsbestuurder, bepaal die nuwe bagasiebeleid dat enige ander toerusting (ingesluit sportgoedere soos gholfsakke en branderplanke, of musiektoerusting soos kitare of trompette) as aparte bagasie opgelaai moet word. Dus sal passasiers afsonderlik daarvoor moet betaal.

“Die nuwe benadering strook met dié van Kulula se susterlugdiens British Airways, sowel as ander internasionale spelers wat al geruime tyd die ‘per stuk’-stelsel toepas,” het Damen gesê.

Sy het passasiers aangeraai om vooraf vir hul bagasie te bespreek en te betaal en sodoende geld te bespaar. As dit gedoen word, kos ’n addisionele sak slegs R200 vergeleke met R300 op die lughawe.

“As ’n sak meer as 20 kg weeg, sal ’n ‘swaarsak’-tarief van R250 op die lughawe gehef word,” het sy gesê.

Volgens haar het hulle passasiers vooraf oor die veranderings ingelig.

“Ons probeer so ver moontlik verseker dat daar geen verrassings is wanneer dit kom by die tariewe wat passasiers sal moet betaal indien hulle met ekstra bagasie of toerusting reis nie.”

Blue het gesê hy sal moontlik nie meer met Kulula vlieg nie. “Ons as musikante se beroep word nie in ag geneem nie. En van my grootste frustrasies is dat ­kliënte gewoonlik vir my vlugte betaal. Ek sal my kliënte nou oor die ‘goedkoop’ duur kaartjies moet inlig.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.