Ekonomiese druk knou toerismebedryf

2011-08-12 07:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Altesame 118 toerisme-ondernemings in dié stad se omgewing moes die afgelope twee jaar hul deure sluit, só erg is die ekonomiese druk nou op die streek se toerismebedryf.

Maar Mariëtte du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, meen ’n vars aanslag en ’n paar pro-aktiewe strategieë kan die bedryf se groei dalk net weer aanwakker.

“Tradisioneel maak ons op oorsese markte staat vir sowat 80% van ons inkomste, en dié markte word juis die ergste deur die resessie getref,” het sy Donderdag gesê.

“Ons bemarkingstrategieë het ook té veel begin staatmaak op die natuurlewe, ons strande en die ‘groot vyf’, wat nie noodwendig uniek aan ons land is nie.”

Sy het gesê dit skep twee groot blindekolle – plaaslike besoekers wat uit ander streke van die land in die Kaap kom kuier, en ’n groeiende internasionale mark wat toenemend stedelike bestemmings najaag.

“ ’n Groot aantal oorsese toeriste wil stede besoek, plaaslike mense ontmoet en tyd saam met hulle deurbring.

“Hulle wil egte ondervindings hê, eerder as om net ’n bepaalde aantreklikheid te besoek,” het Du Toit-Helmbold gesê.

Ian MacFarlane is ’n internasionale bemarkingskonsultant wat nou met Kaapstad-toerisme aan dié aksieplan saamwerk.

Hy het gesê die land sal moet gouspring om die laaste momentum van die Wêreldbeker-sokkertoernooi vir dié doel in te span.

“Die positiewe indruk wat by mense gelaat is, moet as ’n vertrekpunt gebruik word. Sulke groot byeenkomste lok byna nooit self so baie besoekers nie.”

Die organisasie het onder meer produksiemaatskappye van die TV-kanale Discovery en National Geographic genader om plaaslike stories te vertel, kort wegbreek-pakkette rondom die stad en streek se sosiale kalender te reël, en die Moederstad se lekkerlooproete te laat herleef.

“Mense wil nie net Suid-Afrika se verhale in ’n museum lees nie. Hulle wil dit op straat ervaar,” het Du Toit-Helmbold gesê.

“Daar is geen vinnige manier om dinge reg te ruk nie. Ons moet fundamenteel verander en relevant bly op só ’n manier dat ons ons strategieë oor die volgende vyf tot tien jaar volgens behoefte kan deurvoer en aanpas.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2005
R 75,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2006
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Tiptronic Dsl
2006
R 349,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.